Die afrigter Bianca Noble saam met: Amahle Shumani, Layla Haslam, Oelof Noble, (bo) Onako Songxishe, Princess Chamisa, Theo Noble en Madeleine van der Merwe (hoofafrigter van Langebaan Stars). Middel ry: Ankia van Zyl, Logan Claassen, Tshego Tshabalala, Carlé Clemitson, Anisha Mazhindu en (voor) Lihle Jela, Tildah Bwizi, Michael Steenkamp, en Alexia Virgillito.


Die Langebaan Stars-gimnastiekklub het baie goed gevaar by die pasafgelope Wes-Kaap-uitdunne. Die hele span is op pad na Pretoria in Oktober, nadat hulle die proewe gehaal het en ingesluit is in die akrobatiesegimnastiek-groep wat die Wes-Kaap sal verteenwoordig. Van die gimnaste het goud, silwer en brons gewen. Die vlakeen-gimnaste het ook op dieselfde tyd hul kampioenskap gehad en ook goud, silwer en brons verower.

Enigeen wat kan help om die plaaslike gimnaste by hul volgende kompetisie te kry kan Madeleine van der Merwe by langebaanstars@gmail.com kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article