Die Azure-gimnastiekklub is trots op sy 12 gimnaste wat die Wes-Kaap van Vrydag tot Sondag 10 tot 12 Oktober by die Suid-Afrikaanse Spele 2025 in Pretoria verteenwoordig het.
Bianca Coenraad, die hoofafrigter, het gesê die klub se jong atlete het uitstekend presteer en vyf silwermedaljes huis toe gebring. “Hul provinsie en gemeenskap is uiters trots.”
Coenraad is ook trots oor die gim-
naste se toewyding. Sy beklemtoon dat hul sukses maande se harde werk, spanwerk en passie vir die sport weerspieël.




