Lede van die Ghost Riders-motorfietsklub en personeel van die Weskus-rampbestuursentrum tydens die oorhandiging van die skenkings in Moorreesburg.Foto:


Die gebrul van die Ghost Riders-motorfietsklub kon Saterdag 15 Julie in die Weskus gehoor word toe dié klub meer as 200 komberse aan die Weskus-distriksmunisipaliteit se rampbestuursentrum geskenk het.

Hierdie daad van vrygewigheid het vertroosting aan mense in nood verskaf.

Die vennootskap tussen Weskus se rampbestuursentrum en Ghost Riders is ’n goeie voorbeeld van hoe organisasies saam met munisipaliteite kan werk om behoeftes in gemeenskappe die hoof te bied, sê die munisipaliteit.

Volgens Franquin Petersen, die sentrumbestuurder, verwelkom die Weskus-distriksmunisipaliteit sulke vennootskappe.

“Gemeenskapsveiligheid en die skep van veilige en volhoubare omgewings vereis doeltreffende samewerking tussen munisipaliteite, staatsdepartemente, die private sektor en die gemeenskap. Saam kan ons die behoeftes in gemeenskappe die hoof bied,” het Petersen gesê.

Van die komberse is op Mandeladag in die woonbuurt Rosenhof in Moorreesburg versprei.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article