Die gewilde jaarlikse Transnet/Saldanha Super-8-Paastoernooi is Sondag amptelik met ’n gholfdag by die Langebaan Country Estate (LCE) ingelui. Die rugby- en netbaltoernooi vind oor Paasnaweek (6 tot 10 April) in die Transnet/Saldanha-stadion plaas. Progress, Bella Vista, Tygerberg, Crusaders, Roses, Safcol, die Gauteng Raiders en die gasheerspan sal vanjaar om die Louis Scheepers-wisseltrofee meeding. Benewens die rugbyaksie, is netbal ook die eerste keer deel van die toernooi. Diegene wat nie op die paviljoen kan wees nie, kan regstreeks op SuperSport na die wedstryde kyk. By die gholfdag was dié span van Hollywood Bets wat een van die borge vir die toernooi is. Van links is Evander de Wee, Damian Harmse, Johann Maarman (wat deel is van die Saldanhabaai-rugbyklub se projekspan), Sherville Welcome en Martin Witbooi.Foto:


Gholfdag lui rugbytoernooi in

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article