Hierdie messe is onlangs in die besit van rondlopers gevind.


Gevaarlike skerp voorwerpe, wapens en messe word gereeld in die besit van mense wat in woonbuurte en dorpsgebiede ronddwaal, gevind.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik is hierdie messe (foto) onlangs in die besit van mense gevind.

Helfrich sê dit is ’n algemene verskynsel oor die polisiedistrik heen – van Yzerfontein tot in Vredendal. Die polisie lê beslag op hierdie wapens om geweld en lewensverlies te probeer voorkom.

Wanneer die wapens by rondlopers afgeneem word, word ’n saak van die besit van ’n gevaarlike wapen by die plaaslike polisiekantoor geopen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article