Joe Breakfast (38) is Saterdagaand (22 Julie) in hegtenis geneem nadat die polisie inligting vanuit die gemeenskap ontvang het dat daar gesteelde goedere by ’n huis in Stormstraat, Witteklip, versteek word. Die polisie het afgekom op fietse en sonpanele, wat reeds reg was om na Zimbabwe vervoer te word. Breakfast het Maandag 24 Julie in die Vredenburg-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.Foto: SAPD


Gesteelde goed gekry

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article