Gebeurlikheidsplanne vir die ergste dae van beurtkrag is ingestel en volgens die Weskus-gesondheidsdepartement streef hulle daarna om al hul fasiliteite oop te hou.
Ná pres. Cyril Ramaphosa se onlangse amptelike verklaring van ’n noodtoestand is die moontlikheid van ’n twee weke lange kragonderbreking genoem. Hoewel die land vandeesweek op vlak 4-beurtkrag was, het beide die Bergrivier- en die Saldanhabaai-munisipaliteit planne om basiese dienste aan inwoners te verskaf indien hoër vlakke beurtkrag ingestel word.
Kragopwekkers, batterye en ander beurtkrag- bestande toerusting het nou die norm gewordvir almal van Jan Alleman tot munisipaliteit. Die Weskus-gesondheidsdepartement het by navraag laat weet hulle is gereed vir erger beurtkrag.
“Die Weskus-distriksbestuur is ook besig om groter bergingskapasiteit vir brandstof daar te stel,” het Leensie Lotter, woordvoerder vir die streek verduidelik.Tien Weskus-klinieke maak reeds gebruik van omsetters (inverters).
Danksy die batterye bly klinieke in Elandsbaai, Graafwater, Riebeek-Wes, Vanrhynsdorp, Wupperthal, Darling, Laingville, Lutzville, Riebeek-Kasteel, Saldanha en die Paternoster-satellietkliniek se deure oop ten spyte van die landwye kragonderbrekings.
“By fasiliteite wat gebruik maak van kragopwekkers, word die brandstofvlakke fyn dopgehou en die kragopwekkers goed in stand gehou.Die Weskus-distriksbestuur is ook besig om groter bergingskapasiteit vir brandstof daar te stel,” het Leensie Lotter, ’n woordvoerder van die plaaslike gesondheidsdepartement, verduidelik. Sy verduidelik die departement beoog om hierdie projek uit te brei sodat meer klinieke later vanjaar en vroeg volgende jaar omsetters kan kry.
Bedrywigheid by klinieke word ook tydens die kraglose ure bemoeilik omdat pasiënte se data op papier neergepen en dan later op die rekenaarstelsel vasgelê word. Lotter verduidelik hierdie proses beteken die duplisering van werk, wat addisionele tyd in beslag neem. “Met vlak 8-beurtkrag sal daar slegs ongeveer vier ure dienstyd per dag wees en sal dit ongekende uitdagings vir pasiënte wees, veral met betrekking tot vervoer.”
Dr. Nomafrench Mbombo, die provinsiale minister van gesondheid, het intussen verskeie versoeke aan Eskom en die nasionale minister van gesondheid gerig om die groter hospitale in die Wes-Kaap van beurtkrag vry te spreek. Plaaslik is ook aansoek gedoen om die Vredendal-hospitaal van beurtkrag vry te stel.
Lotter sê die Paarl-hospitaal, wat as die streekhospitaal vir die meeste van die Weskus se distrikshospitale dien, is ook geïdentifiseer as ’n fasiliteit wat van beurtkrag vrygestel moet word. “Die vergunning hiervan is egter onderhewig aan die praktiese uitvoerbaarheid daarvan, en indien fasiliteite elektrisiteit deur munisipaliteite en nie direk van Eskom af nie ontvang, word die proses om die vergunning toe te staan, bemoeilik,” verduidelik sy.
Intussen het Lotter verduidelik die departement beoog om nog meer omsetters vir gesondheindsfasaliteite later in 2023 en vroeg in 2024 aan te skaf. Sy sê pasiënte wat die gesondheidsdienste wat die meeste deur vlak 8-beurtkrag – 12 tot 14 ure sonder krag – geraak sou word is nie noodsaaklike oftewel elektiewe operasies. Dit is omdat beurtkrag en die oorskakeling na noodkrag ’n veiligheidsrisiko vir pasiënte is.
“Verder moet daar by klinieke waar nie noodkrag beskikbaar is nie, aantekeninge en die vaspen van inligting per hand gedoen word en dan wanneer die kragtoevoer weer aan is, moet hierdie data op die elektroniese stelsels en databasisse ingevoer word wat addisionele tyd in beslag neem en werk dupliseer. Indien die land na vlak 8-beurtkrag kennis maak sal daar slegs sowat vier diensure vir dienste wees.” Vergunning van beurtkrag word reeds vir seker hospitale in die provinsie gemaak.
Lotter sê in die Weskus is daar aansoek gedoen om Vredendal-hospitaal van beurtkrag vry te stel. “Paarl-hospitaal, wat die streekshospitaal vir meeste van die Weskus se distrikshospitale is, is ook geïdentifiseer as ’n fasiliteit vir vrystelling. ”Om ’n fasiliteit van beurtkrag vry te waar is onderhewig aan die praktiese uitvoerbaarheid daarvan. Of hospitaal elektrisiteit van die munisipaliteite of direk van Eskom ontvang is ook ’n faktor in die proses om die vergunning toe te staan.
Eskom het intussen aangekondig fase 3 en 4 sal vir die res van die week geld.





