Een van die voertuie het met die impak van die botsing aan die brand geslaan en uitgebrand. Foto: Noluvu Ludidi


’n Motorbotsing op die R27 net buite Yzerfontein in die rigting van Vredenburg het verkeer vanmiddag (Woensdag 1 Mei) tot stilstand gebring. Volgens sers. Johnatan Filander, woordvoerder van die Darling-polisie was daar twee voertuie betrokke.

motorootsing

Een van die voertuie het met die impak van die botsing aan die brand geslaan en uitgebrand. Foto: Noluvu Ludidi

Weslander het ongeveer vyf minute ná die ongeluk op die toneel afgekom. Een voertuig was aan die brand en die ander het erge skade aan die bestuurderskant opgedoen.

Volgens Filander was daar twee insittendes in die een voertuig waarvan net een ligte beserings opgedoen het. “In die voertuig wat uitgebrand het was daar net een insittende wie rugbeserings opgedoen het.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article