Die Weskus is ’n besonderse plek en word deur besonderse mense bewoon.

Ons wat hier woon, besef nie aldag hoe besonders dit is om ’n Weskusser te wees nie. Hier kom vele van wyd en syd om herinneringe te skep, soos weer bewys is deur die reaksie nadat die bekende Muisbosskerm-restaurant in ligte laaie was. Vinnig het mense vertel van hul besoek by dié gewilde eetplek en die wonderlike herinnerings wat hier gemaak is.

Dit is dus belangrik vir ons om die erfenis van hierdie besonderse stukkie aarde te bewaar. Of jy dit doen as polisiebeampte wat streef om die gemeenskap veilig te hou, as onderwyser wat die toekomstige werksmag opvoed, of as organisasie sonder winsbejag wat na die mees kwesbares in die gemeenskap omsien, dit is alles deel van die Weskus se bewaring.

Vir diegene wat daagliks werk om die kultuur en erfenis van die Weskus te behou kan daar ook groter erkenning kom.

Nomineer gerus ’n individu of organisasie wat werk om ons gemeenskappe te verbeter (lees meer hieroor op bl. 9).

So ook het Weslander ’n rol om in die Weskus-gemeenskap te speel.

Dit is daarom verblydend om te sien dat ons kollegas erken word vir hul nuusdekking, advertensieverkope en strewe om die Weskus ingelig te hou.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article