Die groot verkeersirkel by die Langebaan Country Estate wat tydens die vorige fase van die Oostewalstraat-projek gebou is.Foto:


Die huidige padsluiting in Oostewalstraat, Langebaan is een van die eerste gedeeltes van sluitings vir die opgradering van fase drie van die Oostewalstraat-projek.

Die gedeeltelike padsluiting sal van Mei tot 29 Augustus geld.

Daar is reeds twee ompaaie om die konstruksiewerk daargestel.

Een ompad is via Breëstraat, Hoofweg, Oostewalstraat, Uitsigstraat en Lagoon-singel in Oostewalstraat en die ander ompad is via Wightmanweg, Breëstraat in Oostewalstraat.

Genoeg padtekens is vir veiligheid opgerig met vlagmanne om die ompaaie aan te dui.

Geraakte inwoners en sakeondernemings binne die gebied van die padsluiting het steeds beheerde toegang.

Saldanhabaai-munisipaliteit versoek vriendelik dat alle geraakte inwoners, besoekers en ondernemings geduldig moet wees ten opsigte van moontlike probleme en ontwrigtings tydens die konstruksie van hierdie fase.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article