Die baie bekende akteur Frank Opperman kom Weskus toe. Weskussers kan uitsien na twee vertonings deur Opperman by Die Koelkamers.
Vrydag 21 Oktober om 19:00 is hy te sien inSteeds Donkie geskryf deur Dana Snyman. Opperman en Snyman het met “Donkie” ’n karakter geskep wat met die eerste effe onbeholpe woord reeds diep in die hart kruip. Met soveel humor, fyn waarneming, subtiele kommentaar en absolute deernis word ’n storie vertel waarin ieder en elk homself sal verkneukel.
Saterdag 22 Oktober is Ek wens, ek wens om 17:00 te siene. Ek wens, ek wens is as Aardklop Nasionale Kunstefees 2021 se beste produksie bekroon en Opperman het ook die toekenning ontvang vir beste akteur vir sy kragtoer in hierdie eenmanvertoning. Ek Wens, ek wens is ’n fabelagtige verhaal oor Seb, ’n lykbesorger wat ’n grys, eenvoudige en ongelukkige bestaan lei.
. Om besprekings te maak vir die twee vertonings, besoek www.diekoelkamers.com of vir meer inligting bel Jan Malan by 082 554 0775.





