Die Oerkluts Kwyt – Die werk van Antjie Krog met Antoinette Kellermann en Ancient Voices is eersdaags op die planke by Die Koelkamers in Paternoster.


Die Oerkluts Kwyt – Die werk van Antjie Krog met Antoinette Kellermann en Ancient Voices kom Weskus toe.

Antjie Krog en Antoinette Kellermann, wyd bemind in die skryf- en teaterwêreld, word die jaar albei 70. Kom vier dié dubbele mylpaal saam en luister hoe Antoinette die onsterflike woorde van Antjie deurdrenk in eerlikheid, erns, ironie, genade en liefde.

Dié spesiale produksie gaan jou op jou voete laat.

Soos Kellermann sê: “Tussen pynlike emosionele ervarings en hartstogtelike liefde vir hierdie land en sy mense is daar oomblikke wat jou mondhoeke kan laat skeeftrek of jou uit jou maag uit kan laat lag.”

Die vertoning vind Saterdag 23 Julie om 18:00 by Die Koelkamers in Paternoster plaas.

Kaartjies kos tussen R280 en R180. Om te bespreek, besoek www.diekoelkamers.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article