“Dit was ’n voorreg om aan die Kaapstad-fietstoer deel te neem,” sê Minnie von Zeuner van Vredenburg.

Von Zeuner en Donny Jacobs, skoolhoof van Jurie Hayes Primêr, het Sondag 12 Maart aan die Kaapstad-fietstoer deelgeneem ter herdenking aan von Zeuner se man, wyle Derek von Zeuner, ’n voormalige hoof van die Hoërskool Vredenburg, asook Anthony Muller, voormalige skoolhoof van Steenberg’s Cove Primêr.

Vanjaar se toer was die 45ste Kaapstad-fietstoer en het ’n roete van 109 km ingesluit. Von Zeuner het verlede jaar besluit om ter herdenking aan dié twee skoolhoofde aan die 2022-Kaapstad-fietstoer deel te neem. Hierdie jaar, sê sy, was dit ’n voorreg om die fietstoer weer aan te pak, maar dié keer saam met Jacobs om sodoende geld vir Jurie Hayes Primêr in te samel.

“Hiermee eer ons Derek en Anthony se bydraes tot die ontwikkeling van leerders in die Weskus. Hulle het immers ’n passie vir leerders gehad. Om in kinders te belê, is om in die toekoms van Suid-Afrika te belê,” sê Von Zeuner.

Jacobs stem saam dat Derrick en Anthony vir die onderwys geleef het “en kinders wat in die lewe swaargekry het, was hul passie”.

“Ek kon met my 21ste deelname aan die Kaapstad-fietstoer twee besonderse kollegas en vriende se passie en nalatenskap versterk,” voeg Jacobs by.

Hy sê die ervaring was wonderlik en hy het hom telkens herinner aan die wonderlike voorreg wat hy het om te leef, gesond te kan wees en om saam met mense soos Minnie von Zeuner iets vir die leerders te kan doen.

Von Zeuner sê sy dank die Here vir die gesondheid en krag sodat sy aan die fietstoer kon deelneem.

Jurie Hayes het sy hartlike dank uitgespreek vir alle skenkings vir die fietstoer ter nagedagtes die wyle hoofde

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article