‘n Fietsryer het Woensdagoggend op die R399-pad omgekom.

West Coast Medical Rescue/ Facebook

Dae ná Wêreld Fietsry-dag gevier is het ’n bekende Weskus-fietsryer sy lewe op die R399-pad verloor.

Mediese personeel sowel as plaaslike polisie was Woensdagoggend (8 Junie) op die toneel op die St. Helenabaai/Velddrif-pad na die fietsryer omgekom het.

Wêreld Fietsry-dag is Vrydag (3 Junie) in Velddrif gevier met die Pedal Power-stigters en plaaslike fietsryers wat ’n beroep op padgebruikers gedoen het om paraat te wees op fietsryers met wie hulle die pad deel.

Jan Faro, Weskus-fietsry se voorsitter, het by die geleentheid gesê die Weskus het van die mooiste paaie vir fietsryers om te geniet, maar erken veiligheid is ’n groot probleem.“Die veldtog – Cyclist Lives Matter – is begin omdat ons fietsryers nie op die pad gesien word nie. Daar was reeds baie fietsry-sterftes so dit is vir ons ’n móét om meer mense bewus te maak dat fietsryer ook padgebruikers is,” sê Faro.

Volgens inligting het ’n vragmotor vermoedelik Woensdagoggend verby die fietsryer beweeg toe die vragmotorbestuur in sy spieël terugkyk en sien die ryer het onder ’n wiel beland.

Die identiteit van die fietsryer kon teen druktyd nie bevestig word nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article