Dié vuurwapen is Sondag in Kootjieskloofstraat gekry.


Op Sondag 23 April is ’n 33-jarige man, oorspronklik van Heidelberg in die Wes-Kaap, in Saldanha in hegtenis geneem ná sy broer se dood. Die beskuldigde en sy broer het in die vroeë oggendure stry gekry waarna die oorledene glo twee messe by die wasbak gevat het. Hy het na bewering eers een mes in die beskuldigde se rigting gegooi en hom daarna met die ander mes in die bors gesteek. Die beskuldigde het daarna die mes wat na hom gegooi is, opgetel en die oorledene gesteek. Die oorledene is op die toneel as dood verklaar en die verdagte het Dinsdag in die Vredenburg-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Op Sondag 23 April is ’n 29-jarige man in Kooitjieskloofstraat, Louwville, in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en ook vir die onwettige handel in dwelms. Hy het Maandag (24 April) in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article