Maak jou span bymekaar, kies ’n tema en wys jou braaibroodjie-vaardighede tydens die Weskus Mall Braaibroodjie-kompetisie.
Die dag beloof lekker kos, pret en vriendelike kompetisie, met fantastiese pryse op die spel.
Inskrywings sluit op Vrydag 11 September. Plek is beperk.
Vir meer inligting, kontak die bemarkingspan by 022 703 6900 of info@weskus-mall.co.za.


