Rooksein by Die Koelkamers

5 December 2025 @ 20:00

Rooksein is gestig met die doel om koppe te draai en goeie, betekenisvolle Afrikaanse musiek te maak. Die groep sal by Kapstadt Brauhaus in Langebaan optree. Rooksein verkies om nie slegs Afrikaanse musiek op te voer nie en het ook verskeie Engelse liedjies en eie komposisies as deel van hul repertoire. Hulle voel dit is belangrik om ‘n gesonde balans te handhaaf. Rooksein hoop om ‘n verskil en verandering deur hul musiek te maak en voel dit is ‘n absolute voorreg om hul talent te kan gebruik om hierdie verskil in die samelewing aan te bring. Maak seker jy loop nie dié besondere optrede mis nie. Die deure open om 20:00 en kaartjiepryse begin by R100. Besoek www.quicket.co.za om plek te bespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article