Liebenberg by Kapstadt Brauhaus

6 November 2025 @ 20:00

Johan Liebenberg bring ‘n nuwe vertoning, Songs, Strings & Beautiful Things, na Kapstadt Brauhaus in Langebaan. Liebenberg is veral bekend vir sy Neil Diamond-verwerkings en is ook ‘n vurige kitaarspeler. Hy skryf sy eie liedjies en het ‘n groot liefde vir die musiek van storievertellers soos Bob Dylan, Kris Kristofferson, Leonard Cohen, Bruce Springsteen en Van Morrison – om net ‘n paar te noem. Nes kitaarspelers soos Eric Clapton, Carlos Santana, Mark Knopfler en Gary Moore, wat hul eie stories in die vorm van singende kitaarsnare vertel, sal Liebenberg jou op ‘n ongelooflike musikale reis neem. • Kaartjies kos R185 en meer. Besoek www.quicket.co.za vir besprekings

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article