Jo Black by Kapstadt Brauhaus

28 August 2025 @ 20:00

Jo Black – man, pa, musikant en storieverteller tree op by Kapstadt Brauhaus op Donderdag 28 Augustus.’n Sanger met ‘n passie vir mense. Bekend vir sy groot baard en diep stem, het hy ‘n huishoudelike naam geword wat ‘n passievolle, outentieke en rou uitvoering van inspirerende liedjies in ‘n toeganklike rockstyl lewer. Met ‘n reputasie as Suid-Afrika se hipster met die groot hart het hy bekend geword, nie net vir sy musiektalent nie, maar ook vir sy toewyding om ander te inspireer en op te hef.’n Trots Suid-Afrikaanse musikant wie se lirieke die gewig van positiewe waardes dra, en ander uitdaag om beter weergawes van hulself te wees. Die vertoning begin om 20:00. Kaartjie pryse begin by R200. Om te bespreek besoek www.quicket.co.za.

R200

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article