Enviro Hull in Saldanha het verlede Vrydag (6 Desember) ’n strandskoonmaakprojek aangepak. Hoewel dit hul eerste strandskoonmaakprojek was, beplan die groep om dit volgende jaar weer te doen en ander skole betrokke te kry. Die dag is deur 35 kinders van die gemeenskap, lede van die buurtwag, personeel van Enviro Hull en drie onderwysers van St. Andrews Primêr bygewoon, en hulle het omtrent 50 vullissakke vol rommel opgetel. Die groep bedank die borge Cartol, HLT en Corpro Coatings vir hul bydraes.Foto:


Enviro Hull vul sy romp met rommel

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article