Die polisie het twee vermoedelik gesteelde fietse by ’n huis in Paternoster ontdek.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, is inligting op 1 Februarie ontvang dat twee gesteelde fietse by ’n huis in Paternoster weggesteek word.

Die Weskus-blitspatrollie het gaan ondersoek instel en die twee fietse by die betrokke huis aangetref.

Die vrou by die huis kon geen bewys van eienaarskap toon of ’n aanvaarbare verduideliking gee waarom die fietse by dié huis geberg word nie. Die polisie het goeie rede om te vermoed die twee fietse is onlangs in Vredenburg of Paternoster gesteel.

As een of al twee van dié fietse moontlik aan jou behoort, skakel die ondersoekbeampte, AO Wayne Schierhout van die Vredenburg-polisie by 022 703 6464.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article