Wyle Pierre en Belinda de Kock van Aurora.Foto: Facebook


’n Gesiene egpaar van Aurora, wat sakeondernemings in Piketberg besit het, is gisteraand (Sondag 4 Junie) dood op hul plaas gekry.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, is Pierre en Belinda de Kock Vrydag 2 Junie omstreeks 19:00 die laaste keer lewend gesien.

Een van hul honde het Sondagmiddag by ’n werker se huis aangekom, waarop die werknemer die hond na die opstal teruggeneem het. Met haar aankoms het sy gesien die deur was toe, maar nie gesluit nie. Helfrich het gesê die werker het in die slaapkamer op Belinda afgekom. Sy het nog dieselfde klere aangehad as wat sy Vrydag gedra het.

Pierre is buite in die garage gekry.

Albei was reeds oorlede.

Helfrich het gesê die motief vir die moorde is nog onbekend en in hierdie stadium lyk dit nie asof iets uit die huis vermis word nie.. Lees meer in vandeesweek se Weslander, wat Donderdag 8 Junie verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article