Die EFF het die setel van Wyk 9 in die Saldanha-munisipaliteit gewen.


Die EFF het die setel van Wyk 9 van Saldanhabaai-munisipaliteit gister (6 Desember) gewen.

Wyk 9 (Vredenburg, Ongegund) het vakant geraak na die ANC raadslid, Sibusiso Gqeba, vermoor is.

Die tussenverkiesing is deur twee politieke partye betwis, naamlik die ANC se Zuko Mpika en EFF se Mthobeli Twala.

Twala het met 1 239 stemme (57,39% van die totale uitgebring stemme) gewen. Die totale aantal geregistreerde kiesers in Wyk 9 is 5 685, maar slegs 38.49% van inwoners van Wyk 9, of te wel 2 188 inwoners, het gestem. Hierdie stempersentasie is laer as die kiesersopkoms van 43.91% in die plaaslike verkiesings van 2021.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) herinner die publiek dat alle OVK-registrasiestasies vir die tweede registrasienaweek op Saterdag, 3 en Sondag, 4 Februarie 2024 oop sal wees vir die stemgeregtigde publiek om hul registrasie besonderhede na te gaan en op te dateer. Dit sal die laaste registrasienaweek voor die Nasionale en Provinsiale Verkiesing 2024 wees.

Die publiek kan ook www.elections.org.za besoek om hulself aanlyn te registreer en om hul besonderhede op te dateer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article