Ten spyte van swaar en aanhoudende reënbuie, wat sedert Donderdag oor die Weskus en groot dele van die Wes-Kaap uitgesak het, maan die nasionale departement van water en sanitasie inwoners om water spaarsamig te gebruik weens lae watervlakke. Die Theewaterskloof- en Voëlvleidam, wat onder die twee grootste waterbronne in die provinsie tel, toon skerp dalings in watervlaksyfers in vergelyking met die vorige jaar. Die stand van die Bergrivier (foto) vergelyk wel beter in teenstelling met verlede week, en is tans 84% vol – ’n styging van 6,4%. Dit is ook 14,5% meer as verlede jaar dieselfde tydperk. Altesaam 21,6 mm reën is van Donderdag 20 April tot Maandag 24 April in die Vredenburg-omgewing gemeet, volgens die Kaapse Weerdiens se weertorings by die Paternoster-ligtoring in die Columbine-natuurreservaat en die lugmagbasis in Langebaanweg. Die hoogste hiervan was Sondag 23 April, met 10 mm by Columbine en 5,6 mm by Langebaanweg. Nog reën word vir vandag (Donderdag 27 April) voorspel.


Eerste van winterreën val

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article