Die wrak van die Toyota Fortuner waarin Mpho Makhubedu (34) Maandagoggend vroeg, 20 minute ná middernag, in ’n? ongeluk op die Orex-pad tussen Saldanha en Langebaan, naby Transnet, gesterf het. Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, is Makhubedu op die toneel dood. Nog vyf passasiers is beseer toe die bestuurder van die Fortuner beheer verloor en dit gerol het. Die presiese omstandighede van die ongeluk word nog ondersoek en ’n? saak van strafbare manslag is by die Saldanha-polisie aangemeld.Foto: SAPD


Een dood, vyf beseer in ongeluk

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article