Michael Hendrickse, die Onafhanklike Verkiesingskommissie se provinsiale kiesbeampte, Dindag (16 September) in Malmesbury se stadsaal.

Charlotte Lesch

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) van Suid-

Afrika ondersoek die moontlikheid om sy landsburgers elektronies te laat stem.

E-stemmery gaan egter nog lank nie toegepas word nie – ook nie in volgende jaar se munisipale verkiesing nie. Só sê Michael Hendrickse. die OVK se provin-

siale kieshoof.

Hendrickse het Dinsdag (16 September) ‘n openbaredeelname- proses in die Malmesbury-stadsaal oor die kwessie gelei.

Die openbare werksessies en besprekings oor elektroniese stemprosesse word gehou om die publiek se menings en insette vir ‘n beleidsbesprekingsdokument daaroor te kry.

‘n Finale beleidsdokument sal vir verdere openbare deelname en besluitneming aan die parlement voorgelê word.

“Baie moet nog gebeur voordat ‘n besluit geneem kan word,” het Hendrickse dit duidelik aan belanghebbendes, raadslede, studente en lede van die publiek in en om die Weskusstreek, wie se beurt dit Dinsdag was om hul insette te gee, gestel.

Die vereistes vir oorweging sluit in kostedoeltreffendheid, volhoubaarheid, inklusiwiteit, toeganklikheid, verbruikersvriendelikheid, privaatheid en verantwoordbaarheid.

Hendrickse het in sy voorlegging twee afdelings in die proses vir oorweging uitgewys, naamlik elektroniese stemmery (e-vote) en internetstemmery (i-vote).

Elektroniese stemmery behels masjiene in stemlokale wat nie met die internet verbind is nie. Dié elektroniese masjiene sal die stembriewe waarop tans nog met ‘n pen ‘n kruisie getrek word, vervang.

Internet-stemmery behels op sy beurt om jou stem van enige plek ter wêreld uit te bring. Verskeie toestelle wat reeds deur ander lande gebruik word, word deur die OVK ondersoek.

Volgens hom toon haalbaar-

heidstudies e-stemmery kan onder meer bydra tot groter deelname van ‘n sekere demografie. Hendrickse het ook verduidelik hoe e-stemmery die telproses kan bespoedig en vergemaklik. Kostes verbonde aan stembriewe en personeel in stemlokale sal ook daal.

Uitdagings rakende ‘n regverdige en geloofwaardige verkiesing deur middel van e-stemmery en internetstemmery bestaan wel.

Buiten die OVK-personeel en vrywilligers sal ‘n landwye opvoedkundige veldtog onder voornemende kiesers van stapel gestuur moet word voordat ‘n elektroniese stemproses in wer-

king sou kon tree.

Die uitdaging rakende kuberkrakers is ook ‘n groot werklikheid.

Navraag en bekommernisse uit die gehoor het grootliks klem gelê op vertroue onder Suid-Afrika-

ners in die elektroniese stempro-

ses, die uitdagings rakende spesiale stemme, tegnologiese ongeletterdheid, ontoeganklikheid uit landelike gebiede en die uit-

skakeling van ‘n dubbele stem.

• Stuur jou insette aan evoting@

elections.org.za of besoek

elections.org.za/pw/E-Voting/Engaging-with-South-Africas-E-Voting-Future.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article