Deeglike ondersoekwerk het gelei tot die skuldigbevinding en swaar vonnis van Busisiwe Thelma Kgantlapane verlede week in die Vredendal-landdroshof weens aanklagte oor handel in dwelms.

Dit volg nadat sy Woensdag 26 April 2023 om 15:30 onderweg na Kaapstad by ’n interprovinsiale oorgrens-optrede by die Klawer-weegbrug voorgekeer en 41 000 mandrax-tablette, versteek in ’n sportsak, in haar motor gevind is.

Kgantlapane is Dinsdag 11 Junie op verwante aanklagte skuldig bevind en 10 jaar tronkstraf opgelê, waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article