’n Gesamentlike misdaadvoorkomingsaksie tussen die Piketberg-misdaadvoorkomingseenheid, Weskus se landelike blitspatrollie en die Swartland se honde-eenheid het Dinsdag 19 Julie het plaasgevind.

Twee mans is op dwelmverwante klagtes kragtens die wet op dwelms en dwelmhandel aangekla.

Volgens AO Silke Lourens, ’n woordvoerder van die Piketberg-polisie, het polisiebeamptes lasbriewe bekom om bepaalde huise te deursoek.

Tydens hierdie optrede het die polisie op dwelms met ’n geraamde straatwaarde van R4 000 beslag gelê.

Mandrax-tablette, tik en hoëgraadse dagga is by die huise gevind.

Lourens sê die verdagtes is by die Piketberg-polisiekantoor aangehou en het later in die Piketberg-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article