Die besoekers Martiza Zietsman, Shaun Wolmarans en Marlize Wolmarans. Foto’s: Noluvu Ludidi


Die Hopefield-fynbosskou, wat ná twee jaar weer in sy gewone formaat aangebied kon word, was ’n reusesukses.

Só meen organiseerders van die fees.

Volgens Helena van der Westhuizen, voorsitter van die skou, was dit wonderlik om weer die fynbosskou in sy volle glorie te geniet nadat die fees weens die pandemie nie in 2020 of 2021 aangebied kon word nie. Mense het van heinde en ver gekom om die skou te ondersteun en die heerlike kos, vermaak, aktiwiteite en fynbos-uitstallings te geniet. Van der Westhuizen sê die skou het ongeveer 5 000 mense verwelkom.

Skoubesoekers kon na die mooi klanke van die plaaslike musiekkunstenaar Vigeniëa Payne luister. Foto:

Dié jongspan het die lemoensapstalletjie beman.Foto:

Marlene Olivier en Willimiena du Plessis van Alpha en Omega-nooddienste. Foto:

Chane Fisher, Bertus Eksteen, Riaan le Roux, Hendrik Botha en Mariska Botha het die uitstallers goed ondersteun.Foto:

Jayla Cleophas, Zarah Williams en Leechan Stofberg het die toer deur die dorp geniet.Foto:

Die Boshoff-gesin – Markus, Marelise, Jurie en Marezelle – het ook die fynbosskou besoek.Foto:

Lizelle Strydom, bestuurder van die Hopefield-museum, by die museum se inligtingstafel.Foto:

Sy en Olivier Slabber, die ondervoorsitter, bedank almal wat teruggekeer het om die skou te ondersteun. Van der Westhuizen bedank ook al die vrywilligers en uitstallers vir hul hulp en ondersteuning. Hulle bedank ook die Hoërskool Hopefield, die Saldanhabaai-munisipaliteit, Charles Barendse, Gideon en Phoebe Melck (wat verantwoordelik was vir die fynbos-saal), Jacques van der Westhuizen vir die spesietafel, Weslander en al die ander. “Almal het tot die sukses van die skou bygedra en ons is dankbaar.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article