Een van Steenberg’s Cove Primêr se grootste drome was om sportklere vir elke span aan te skaf. Dit is ‘n droom wat waar geword het.

Die skool bedank Westarcor vir die ruim borgskap van sportklere vir agt van die skool se sport- spanne.
Die skool sê dit het die kinders en personeel se harte aangeraak en dat die bydrae hul leerders trots maak en as eenheid aan sportgeleenthede laat deelneem.
Die skool bedank ook die gr. 2-mammas en Salon Pulcher, wat die o.8-netbalspan se klere geborg het.





