Die St. Helenabaai-polisie het ’n vermoedelik beskonke man in hegtenis geneem nadat hy met ’n swart Volkswagen Polo teen die ambulans op ’n moordtoneel gebots het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder vir die Weskus-polisie, het polisiebeamptes en ander nooddienste Saterdag omstreeks 22:30 in Laingville ’n messteekvoorval by ’n plakkershut ondersoek.

“’n Man, wat aan die regterkant van sy nek met ’n mes gesteek is, is dood in die hut gekry. Die oorledene en die verdagte, albei in die dertig, het blykbaar oor ’n vrou baklei.”

Helfrich het gesê die verdagte, Siyakudumisa Ngesi (48), het van die toneel af weggehardloop, maar homself Sondag met die moordwapen by die polisiekantoor gaan oorgee.

Hy het Maandag in die Vredenburg-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Die polisie ondersoek ook ’n aanklag van dronkbestuur nadat ’n 42-jarige man met sy motor teen ’n ambulans wat bystand op die misdaadtoneel verleen het, vasgery het. Hy sal op 4 Oktober in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article