Die toneel van die noodlottige ongeluk Maandagmiddag op die Paternosterpad.Foto: West Coast Medical Rescue


Drie mense is op die toneel dood en die drie ernstig beseerde beeste is met genadedood van hul pyn verlos.

Volgens Elowayne Gouws van West Coast Medical Rescue wat Maandagmiddag 13 Maart op dié ongelukstoneel tussen Paternoster en Vredenburg bystand gelewer het, was net een voertuig wat ’n waentjie met drie beeste daarop gesleep het in die voorval betrokke.

“Daar word vermoed dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het weens die swaar gewig van die sleepwa,” het Gouws verduidelik.

Hy het aan Weslander gesê drie mense is op die toneel dood verklaar en drie beeste se beserings was van so ’n aard dat hulp ontbied is om die diere, op die plek van die botsing, van hul pyn te kom verlos.

Weslander het verneem die oorledenes is ’n man van die Vredenburg-omgewing, sy vriendin en ’n vriend van Malmesbury.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

. Dinsdagoggend 14 Maart het nog ’n voertuig die Paternosterpad byster geraak en gerol. Gouws het bevestig dat ’n ma en ’n dogter in die voorval beseer en na die plaaslike hospitaal in Vredenburg geneem is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article