Die Klawer-polisie het drie verdagtes weens ’n huisrooftog op Dinsdag 1 Oktober in Riemvasmaak in Klawer aangekeer.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n Weskus-polisiewoordvoerder, is Karel Bocks (39), Albertus Jacobs (29) en Sibusiso Mngqingo (39) in hegtenis geneem nadat ’n 39-jarige vrou ’n klagte van huisrooftog aangemeld het.

Die vrou het gedurende die rooftog een van die verdagtes se stem herken toe hulle haar om 02:10 wakker gemaak het deur aan haar deur te klop.

Hulle het haar gedreig, waarop sy die deur oopgemaak het. Hulle is met haar 9 kg-gasbottel, selfoon en bankkaarte weg.

Die drie verdagtes het Donderdag 4 Oktober vlugtig in die Klawer-landdroshof verskyn. Bocks en Jacobs het verskeie vorige skuldigbevindings teen hulle, wat misdade soos diefstal, aanranding en gewapende roof insluit.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article