Polisiebeamptes oor die Weskus-distrik heen het hulle hande die afgelope naweek vol gehad met alkoholverwante sake.
Kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die distrik wat 25 plaaslike polisiekantore van die Weskus insluit, sê 11 mense is die naweek – van 27 tot 29 Januarie – in hegtenis geneem weens die bestuur onder die invloed van drank en onwettige drankverkope. Die polisie het beslag gelê op heelwat drank wat verband hou met mense wat dit verkoop, maar nie die nodige permitte het om dit te mag doen nie.





