Suid-Afrika se jong aspirant-akteurs het vir die derde keer hul staal getoon in die gewilde KKNK Dramaweb SA-toneelspelkompetisie en die beoordelaars behoorlik laat kopkrap om die wenners aan te wys.
Die eindronde vir finaliste wat in Afrikaans aan dié aanlyn kompetisie deelgeneem het, het op Saterdag 18 Junie plaasgevind, met die Engelse finaliste wat mekaar op Sondag 19 Junie die toneelstryd aangesê het. Die eindronde is regstreeks op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se YouTube-kanaal uitgesaai en is steeds beskikbaar vir diegene wat die vreesloosheid en spogoptredes van die finaliste wil sien.
Ira Blanckenberg, eienaar van Dramaweb SA, sê die eindronde was beslis ’n hoogtepunt en ’n voorreg om te sien. “Die jeug het alles gegee.” Die beoordelaar Athina Jansen is oorstelp deur die finaliste se talente: “Van die selfvertroue en dapperheid van die jonger leerders, tot die toewyding aan ’n karakter en storievertellers; van die tech savvy leerders en dié wat hul eie materiaal geskryf het, tot die wonderlike drama-onderwysers en ouers wat ondersteun het – ek is so dankbaar dat ek dit kon aanskou.” Waldemar Schultz, nog ’n beoordelaar in die eindronde, stem saam. “Wat ’n voorreg om die opkomende talent van ons land te aanskou. Baie geluk aan almal wat deelgeneem het – ek is ongelooflik opgewonde om te kyk hoe die jong spelers in die toekoms groei,” vertel hy.
Die beoordelaar Marvin Lee Beukes meen die standaard wat die jong akteurs stel, raak elke jaar hoër. “Hierdie jaar is ek verras deur die talent wat ten toon gestel is.
Die wenners is:
Afrikaans Graad RR tot 1
Wenner Riley Verheem, Improv Studios
Naaswenner Chanté Benson, Laerskool Krugerpark
Derde plek Reine du Plessis, Improv Studios
Afrikaans graad 2 tot 4
Wenner Leila Erasmus, Welkom Volkskool
Naaswenner Leila Palvi, Laerskool Gene Louw
Derde plek Marinell Wolmarans, Laerskool Gene Louw
Afrikaans graad 5 tot 7
Wenner Luca Human, Curro Durbanville
Naaswenner Mia-Cecilia Kriel, Curro Durbanville
Derde plek Mabel Matthee, Rûens Kollege
Afrikaans graad 8 tot 10
Wenner Marelee Ferreira, Curro Windhoek Gimnasium
Naaswenner Rico Immelman, Hoërskool Noordheuwel
Derde plek Anomé Meyer, Hoërskool Noordheuwel
Beoordelaarsprys Zander Oberholster, Hoërskool Martin Oosthuizen
Afrikaans graad 11 tot 12
Wenner Danelle Jacobs, Hoërskool Martin Oosthuizen
Naaswenner Ann-ne Venter, Hoërskool Durbanville
Derde plek Mariska Esau, Hoërskool Apex
Engels graad RR tot 1
Wenner Khanya Duvenhage, tuisskool
Naaswenner Reuben de Jager, Parys Primêre Skool
Derde plek Stefan Pretorius, Laerskool Randfontein
Engels graad 2 tot 4
Wenner Milan van Niekerk, Laerskool Roodekrans
Naaswenner Telika Kruger, Trinity Little Falls
Derde plek Annabella Stam, Curro Durbanville
Engels graad 5 tot 7
Wenners Mia-Cecilia Kriel én Grace Lynch, Curro Durbanville
Naaswenner Rossouw van Wyk, Laerskool Nelspruit
Engels graad 8 tot 10
Wenner Lillian de Valle, Hoërskool Grantleigh
Naaswenner Marelee Ferreira, Curro Windhoek Gimnasium
Derde Plek Ethan Bester, Hoërskool Randburg en
Unathi Mankahla, Hoërskool Parel Vallei
Beoordelaarsprys Lenadri Groenewald, Hoërskool Noordheuwel
Engels graad 11 tot 12
Wenner Taylor Davids, Hoërskool Apex
Naaswenner Sakhikhaya Zingange, Hoërskool Apex
Derde plek Courtney Schelhase, Hoërskool Tygerberg.
Die pryse wat toegeken is, was meer as R50 000.




