Kan Weslander asseblief by die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) verneem of daar ’n spesifieke rede is waarom die verkeerslig by die polisiekantoor in Hoofstraat, Vredenburg, nie herstel word nie?
Dit flikker al vir maande.
Die feit dat 80% van padgebruikers nie weet hoe om dit te hanteer nie, maak dit letterlik ’n “ticking time bomb”. Ek ry daardie spesifieke pad omtrent vier keer ’n dag, en ek sidder elke keer as ek sien hoe bestuurders net bloot eenvoudig oorry sonder om te stop – dit moet mos soos ’n vierrigtingstop hanteer word!
Ek het dit reeds by die SBM aangemeld, sowel as by André Truter, sonder enige sukses.



