Noluvu Ludidi
Die lykskouing van Jefftaline April (23) van Middelpos, wat onlangs onder raailselagtige omstandighede gesterf het, is afgehandel en die
patoloog het vandeesweek bevestig April is aan natuurlike oorsake dood.
Dit volg nadat die nuus van haar skie- like dood soos ‘n veldbrand op sosiale media verpsrei het.
In ‘n sosialemediaplasing is beweer dat April, welbekend as “Koekoes” in die Middelpos-gemeenskap, op Woensdag 30 April onder raaiselagige omstandighede deur polisiebamptes aangerand is en hulle haar glo ook gedwing het om drie sakkies tik en ‘n Mandraxpil te sluk.
Sy is ‘n paar dae later, op Maandag 5 Mei, oorlede.
Volgens Phaladi Shuping, ‘n woord-
voerder van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod), is die voorval by hulle aangemeld, maar die lykskouing deur die patoloog sou bepaal of Opod wel die dossier sou oorneem of nie, soos in verlede week se koerant berig is (“Vrae nà vrou se dood”, Weslander, Donderdag 8 Mei 2025).
Shuping het egter vandeesweek aan Weslander bevestig nadat die uitslag van die lykskouing bekend gemaak is en natuurlike oorsake as die rede vir die dood aangegee is, is dié eenheid nie van plan om ‘n klagte aan te meld en April se dood verder te ondersoek nie.




