’n Eerste in sy familie en kerk! Die Vredenburg-inwoner Thomas Lotz (naasregs) het sy doktorsgraad in teologie verwerf. Lotz het drie jaar by Epokaizo Prophetic Bible School onder leiding van professor Duncan-Lee Kyle Phillips gestudeer. Hy het gegradueer en is ingehuldig op 3 November by die Bybelskool in Wellington. Lotz is aangestel as Doctor of Divinity en as professor en dosent in opvoedkunde. By hom is, van links, profeet Viron Julies, Jenay van Rooyen, apostel Mandy van Rooyen (Adonai Healing Restoration Ministries) en Monray Lotz.


Doktor in teologie

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article