Cuddle Trust se “Days for Girls”-projek het Vrydag die voorreg gehad om met leerders van Jurie Hayes Primêr oor “Period Poverty” te gesels. Inligting is gedeel oor skoolmeisies wêreldwyd, wat gereeld afwesig is omdat hulle nie sanitêre doekies het om te gebruik nie. ’n Skenking van wasbare sanitêre doekies, wat vir minstens drie jaar kan hou, is uitgedeel. Inligting oor menstruasie is ook met seuns en meisies gedeel. Seuns is aangemoedig om meisies te respekteer en meisies is geleer dat hulle baie spesiaal is en trots kan wees oor hoe hulle mettertyd in volwasse vroue ontwikkel.


Doekies vir meisies

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article