Amanda Strydom en haar pianis, Coenraad Rall, keer terug na Die Koelkamers met die produksie Miss M in concertom haar 43ste jaar in die vermaaklikheidsbedryf en sommer ook saam met dit die somer, die lewe, die liefde en oorlewing, te vier. Sy sing haar eie liedjies asook Broadway-treffers. Die vertoning word Saterdag (26 November) om 18:00 gehou. Kaartjies kos tussen R180 en R240. Strydom en Rall voer ook Sondag (27 November) om 12:00 die produksie Ligval, by Die Koelkamers, op. Kaartjies kos weer eens tussen 180 en R240. Bespeek aanlyn by www.diekoelkamers.com.


Dis warm in Die Koelkamers

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article