Motorfietsryers kuier heerlik saam by die geldinsameling wat by die Hopefield Plaasmol gehou is.


Die Road Thunders-motorfietsklub in samewerking met Saldanha Animal Care het Sondag 20 Maart ’n saamtrek ten bate van die Weskus se behoeftige viervoetige vriende gehou.

Meer as 150 motorfietsryers van verskillende plaaslike ryklubs het aan die Bikers against animal cruelty-saamtrek deelgeneem.

Die saamtrek het by die Hopefield Plaasmol geëindig waar ’n geldinsameling gehou is en die motorfietsryers lekker saam gekuier het.

Die geld wat ingesamel is asook dié uit donasies sowel as hondekos wat ontvang is, is ten bate van die diereskuiling in Saldanha.

“Die Road Thunders-motorfietsklub bedank al die motorfietsryers, motorfietsklubs en die publiek vir hul deelname en bydraes, wat tot ’n suksesvolle geldinsameling gelei het,” sê Gert Venter, president van die Road Thunders.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article