’n Waterbuffel het so warm gekry dat hy in die swembad by die Van Niekerk-gesin se huis op die Thali Thali-wildreservaat kom afkoel het.


Dit was so hittete of die Weskus het Saterdag van die hitte gesmelt.

Nuusberigte van verskeie publikasies het Wes-Kapenaars verlede week gewaarsku oor ’n verwagte “lewensbedreigende” hitte met ’n rekordtemperatuur van 40 °C en hoër, wat op 22 Januarie die gebied sou tref.

Die bohaai was nie verniet nie, want dit het Saterdag só warm aan die Weskus geraak dat selfs die kraaie letterlik gegaap het.

Volgens ’n persverklaring van die Suid-Afrikaanse weerdiens (SAWD) wat Dinsdag uitgereik is, het die provinsie ’n hittegolf ervaar wat per definisie beteken die temperature (maksimum en minimum) het die gemiddelde van die warmste maand met 5 °C of meer oorskry.

Die SAWD het nuwe maksimum temperature by twee terreine in die Wes-Kaap – onderskeidelik 45,2 en 45,9 °C – aangeteken. Dit sou ’n rekord wees, maar die SAWD sê as gevolg van sekere omgewingsfaktore by hierdie terreine met betrekking tot weerstasietoerusting kon die temperature moontlik deur plaaslik geïnduseerde hitte beïnvloed gewees het, wat beteken dit word nie aanvaar nie en kon nie in die SAWD se klimaatdatabank aangeteken word nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article