Die gemeenskap drom verlede jaar saam by die Saldanhabaai-polisiekantoor om hul misnoeë oor die misdaad en moord in hul gemeenskap uit te spreek.
Die gemeenskap drom verlede jaar saam by die Saldanhabaai-polisiekantoor om hul misnoeë oor die misdaad en moord in hul gemeenskap uit te spreek.

Die gemeenskap van Diazville soek antwoorde ná die moord van Elrilo Byl (27).

Die Diazville inwoner, bekend as Rico, se liggaam is by Tabbakbaai-strand op Woensdag 17 Januarie gevind. Volgens Sersant Wesley Twigg, provinsiale polisiewoordvoerder, ondersoek die Saldanha-polisie ’n saak van moord. “Die slagoffer het oop wonde aan sy lyf en gesig gehad. Die slagoffer is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar,” sê Twigg.

Omtrent 100 mense het opgeruk na die Saldanha-polisiekantoor om te pleit vir geregtigheid vir Rico. Latiefa Ehrenreich, voorsitter van die Bo Blok Buurtwag meen die gemeenskap is keelvol vir die misdaad en moord in hul omgewing. “Ons word gyselaar gehou in ’n dorp waarin ons gebore is. Die polisie moet meer doen, hulle het die mag. Ons wil nie meer stories hoor nie, die jeug verloor elke dag hul lewens. Genoeg is genoeg!”

Volgens sy familie was Rico ’n lieflike mense-mens met ’n hart van goud wat baie gedoen het vir sy familie en geliefd was deur baie. “Hy was ’n mens met waarde en almal het hom geken. Hy het dit wat met hom gebeur het nie verdien nie en hy het soveel drome gehad vir 2024. Wie hom seergemaak het, het die drome van hom af weggeruk,” vertel een familielid.

Twigg bevestig dat die polisie die omstandighede rondom die voorval ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article