Die Suid Afrikaanse sangeres Demi Lee Moore tree vandag (Donderdag 4 Julie) by Kapstadt Brauhaus in Langebaan op.
Nadat Demi Lee Moore as wenner van die eerste Die Kontrak-televisieprogram aangewys is, is haar paadjie in die Afrikaanse musiekbedryf geplavei na sukses terwyl sy nuwe hoogtes behaal het. Haar eerste album, Mis Eet Slaap Herhaal, het skaars die rakke getref toe dit binne tien dae goue status behaal het met winkels wat ook nie kon voorbly soos voorraad van hul rakke af gevlieg het nie.
Sedertdien het sy diep in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte ingekruip met treffers soos “Wie se hart breek jy vanaand”, “Maak my jou tequila” en kragtige weergawes van internasionale treffers soos “It’s all coming back to me now”, “Amanda” en “Coat of many colours”.
Kaartjies wissel van R175 per persoon. Bespreek by www.quicket.co.za.





