Panorama Primêr se graad R-klasse het onlangs ’n debutantebal aangebied wat gehelp het om meer as R80 00 vir die skool in Louwville in te samel.

Die geleentheid is een van die skool se hoogtepunte en Saterdag 17 Novem­ber was ’n spogaand met die leerders wat uitgevat was vir die Oscar-tema van die bal. Die leerders was getooi in silwer, swart of rooi.

Die organiseerders bedank die ouers wat die moeite gedoen het om te help met die insameling.

Die geleentheid het R83 157 ingesamel en die span agter die geleentheid meen dit is die resultaat van al die harde werk van elkeen.
.
Die wenners van die aand was Mikayle Bowers wat as Mnr. Panorama gekroon is en Kelsey Lamoor is Mej. Panorama.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article