Die voormalige sersante Eldorette Saayman en Megan Adams van die Darling-polisie spog met hul nuwe range as adjudant-offisier nadat dié twee vroue op Woensdag 9 November amptelik bevorder is.
AO Saayman werk in die Vispol-skofafdeling en AO Adams is ’n ondersoekbeampte in Darling se speur-afdeling. Albei vroue het 20 jaar diens in die polisie.


