Dié 166 pakkies dagga het ’n beraamde straatwaarde van R27 280. Polisiebeamptes van die Doringbaai-polisie het Maandag 13 Mei om 11:10 tydens ’n roetinepatrollie op die grondpad tussen Vredendal en Lambertsbaai daarop afgekom. Hulle het ’n verdagte voertuig voorgekeer en dit deursoek. Daar is op die dagga afgekom waarna Luzuko Tamela (35) en Steven Musweswe (28) in hegtenis geneem is. Hulle het Dinsdag in Vredendal in die landdroshof verskyn.Foto: SAPD


Daggavonds by Doringbaai

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article