’n Sak met 12 kg dagga is deur die Weskus se blitspatrollie in ’n taxi gevind wat onderweg was na Vredenburg.


Die Weskus se blitspatrollie het Maandag 16 Mei om 14:30 inligting ontvang dat ’n dwelmsmokkelaar met ’n groot hoeveelheid dwelms in ’n taxi onderweg is na Vredenburg.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Vredenburg-polisie, is die betrokke taxi op die R27 (Weskuspad) naby Yzerfontein opgemerk.

Lede van die blitspatrollie het die taxi om 14:55 voorgekeer. Een van die mans in die taxi het die beskrywing, wat deur ’n informant aan die polisie deurgegee is, gepas. Die polisie het die man (29) gevra om sy bagasie uit te wys, waarna die polisiebeamptes op ’n groot sak met 12 kg dagga daarin beslag gelê het. Die dagga se straatwaarde is ongeveer R12 000. Die man aan wie die sak behoort, sal vandeesweek in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article