Joshua Kruger, ’n leerder by Topolino Privaatskool, het Vrydag 27 en Saterdag 28 Mei aan die Boland-Cravenweek-rugbyproewe by Worcester Gimnasium deelgeneem. Langebaan se dorpsproewe het reeds in Maart begin, waar Kruger taai rugby gespeel het. Die skool het laat weet vandat Kruger ’n klein seuntjie was, was Cravenweek ’n droommikpunt waarvoor hy bereid was om hard te werk. “Deursettingsvermoë en die wilskrag om tot die einde aan te hou, het hom gehelp om sy talente nog verder te ontwikkel, en vandag pluk hy die vrugte van sy harde werk,” sê die skool. Topolino Privaatskool is ongelooflik trots op hom.


Cravenweek sy droom

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article