Die Langville-buurtwag in St. Helenabaai het Maandagaand ’n kabeldief op heterdaad betrap en hom aangehou, waarna die buurtwaglede die polisie in kennis gestel het.
Die raadslid Thyrone Williams, wat besonder passievol oor misdaadbekamping in sy gemeenskap is, het sy trots op die buurtwag uitgespreek en waarsku boosdoeners dat misdaad nie in Laingville geduld sal word nie.





